![]() |
|
||||||||||||||||||||||||||||||
Uit alle oorde is daar deesdae klagtes dat die gewilde Afrikaanse sepie 7de Laan onrealisties sou wees. Dit is nie verteenwoordigend van n werklike gemeenskap nie,word gesê.Tog volg derduisende van ons daagliks die wel en wee van die mense van Hillside steeds bykans slaafs Sou die rede hiervoor nie juis in die onwerklikheid daarvan opgesluit wees nie?Hoe sou die storie hom in die werklike gemeenskap iewers in Suid Afrika afgespeel het?
Dalk so:
Dezi word deur 'n boef oor die kop gemoker en Emma bel die polisie en die ambulans. Die polisie antwoord nie hulle foon nie en die ambulansdiens sê hulle is jammer, hulle enigste voertuig het 'n pap wiel; sy moet 'n private diens probeer. Emma doen dit. Die ambulansdiens wil Dezi se mediese fondsbesonderhede hê. Sy het dit nie en hulle sê sorry hulle kan nie help nie.
Jan-Hendrik jaag met Dezi na die hospitaal toe. By 'n verkeerslig word hulle motor gekaap. Jan-Hendrik word oor die kop geslaan en met 'n mes gesteek.
Hulle haal 'n minibustaxi tot by die hospitaal en na baie draaie en stilhou, vier ligte ongelukkies en 'n skietgeveg met 'n strydende taxigroep kom hulle by die hospitaal aan. Daar wag hulle in 'n tou by ongevalle en Dezi gaan dood weens bloedverlies. Jan-Hendrik oorleef, verkoop sy aandeel in Theron en Terreblanche en emigreer na Australië.
George Kyriakis se onderneming word beboet omdat hy geen swart vennote of werknemers het nie. Hy kry ook geen verdere kontrakte nie en moet die deure sluit. Hy soek werk maar word telkens afgekeur omdat hy 'n blanke man is.
Sy blonde meisie los hom en trou met Mandla omdat sy weet hy sal altyd werk kry. George trek Amerika toe en word 'n petroljoggie.
Oubaas keer terug na Moekie nadat Maria se unie hom voor die arbeidshof sleep en hy beveel word om 50 jaar se agterstallige oortyd, verlof- en bonusgeld aan haar te betaal en 35 jaar se UIF gelde aan die staat. Hy is bankrot want hy moes boonop maandeliks 'n groot bedrag omkoopgeld aan 'n amptenaar van die gesondheidsdepartement betaal anders verkla die amptenaar vir Hilda oor ongesonde toestande by die Deli. Hilda sluit by die ANC aan en word adjunk-minister van gesondheid.
Na 35 inbrake by Theron en Terreblanche verkoop Madel die winkel en trek Waenhuiskrans toe. Sy verkoop later ook die eiendom op Waenhuiskrans aan ontwikkelaars wat 'n muur daarom oprig en nog 'n gholflandgoed langs die see bou.
Eindelose kragonderbrekings veroorsaak dat die Hillside Times sy deure finaal moet sluit.
'n Gewapende roof by Oppikoffie speel klaar met Charmaine en vier klante.
Oom Boet kom in nog 'n plaasaanval om.
Francois kom terug van die Vrystaat af nadat hy die plaas aan die "regmatige eienaars" moet teruggee. Hy omskep Oppikoffie in 'n "Cash Loan"\ besigheid met Aggie as sy volwaardige vennoot.
Hillside se naam word verander na Thabalapa en 7de Laan is helaas nou Jacob Zuma Avenue.

(488 words)
Back to Jokes
| 1 | Posted by zero on 2007-01-11 22:44:41 |
| Check out this blog dedicated to people who hates 7de Laan: http://ihate7delaan.blogspot.com/ |
blog comments powered by Disqus
Related Media
Sponsors
Related Information
Share
0 Grins
0 Growls
So HOT right now ...
More than just a photo - no words needed viewed by 15 visitors
Russia - Winter 2012 - "Find your car!" viewed by 14 visitors
Winter in Russia viewed by 6 visitors
Inventive Resignation....LEGEND viewed by 6 visitors
New Advances in Redneck Technology viewed by 5 visitors
Mission Impossible Squirrel (A Must See) viewed by 4 visitors
Mapi's collection of things that just make sense !!!???? viewed by 4 visitors
Memory Lane viewed by 4 visitors
Contribute
Got a funny picture, joke, link or anything amusing?
Get it posted on the site by mailing it to us
Contribute Here

We're listening ...
What others are doing ...
Ruan12345 grins at Mr Bean's movie portfolio ...
eric19 grins at Sure you wanted to make some of these statements before ...
Ruan12345 grins at 4 SQUARES
Ruan12345 grins at Sure you wanted to make some of these statements before ...
Ruan12345 grins at Pvt Secretary position
May's Top Grinners
May's Top Growlers
Dial Direct insurance South Africa
|
Woes Afrikaans gedigte kortverhale stories
Mabooki free publishing poems stories
Copyright © 2012 Email Jokes. All rights reserved.
2005 - 2012
NOTICE: All content is posted by users of this site and the owner does not accept any liability relating to the copyright thereof.
To have content removed or accredited with your link, please contact our content administrator