![]() |
|
||||||||||||||||||||||||||||||
Ek weet nou nie hoe jy oor spinnekoppe voel nie maar ek ry eerder 'n fiets
sonder 'n saal as om een te konfronteer.
Ja, gisteraand lê ek rustig en lees, minding my own business.....bedlampie
brand baie 'domesticated' en sag met die komplimente van Cash Crusaders, toe
ek so 'n sagte geskarrel in die kamer hoor. Ek dog eers dis die mot wat wil
selfmoord pleeg teen die bedlamp se bulbpie...
Kyk... nee, mot se kind sit so stil soos 'n pedigree foksterrier wat razor
blades skuit. Toe's die skuifel geluid weer daar en ek skrik alles regop wat
plat was...en pap wat op was!
'n Onaardse gedrog van 'n spinnekop met W.P. rugbykouse, en wat as
weltergewig kan inweeg, toer teen 8 000 refs oor die vloer en spring sommer
so met die laai se handles teen die bedkassie op!
Op slag kak ek my beste linne in 'n herfs kleurskakering in. Lyk of iemand
my bed kapoenkleur, so tussen kak en pampoen gespray paint het. Ek moer
alles, boek, bedlamp, asbak, glas, die toetie tot op die laagste vlak van
die kamer, die vloer.
Ek skrik my enigste aambei wat ek het dat hy op my kuite hang! Nou's die
moerse spaaider nog tussen my en die kombuis, waar ek, omdat hulle my so
mollesteer, deur die jare, 'n arsenaal van Doom vergader het. Nou weet ek,
nou sal ek flat out moet hol vir daai Doom.
Ek pluk my enigste halfnat Jockey aan sodat die aambei my nie pootjie nie.
Toe trek ek weg kombuis toe dat die briekmerke soos 'n straatkaart in my
Jockey vergader... en ek 10 sekondes by die kombuisdeur moet back paddle om
nie twee agterdeure te hê nie.
Lord of the Dance se gat my bra!
Terug..... Daar sit die bliksem nog! Sommer so met die briektrek spuit ek
al.... gelukkig net Doom! .....Osoonlaag en al daai goeters, se moer! Spuit
hom leeg!
Duik my harige vyand soos Ryk Neethling agter die bedkassie in. Moer toe
moet hy wees na daai dubbel Doom en strontreuk wat nou dikker as toffie in
die kamer hang.
Ek trek die kas bietjie vorentoe, skiem nog so ek het gewen, toe skielik hol
daai 4 wheel drive monster van 'n aardsgedrog teen die muur uit, reg voor my
oë verby, tot kophoogte.
Agt oë soos Beetle wheelcaps kyk my vierkantig in my twee ogies. Nou's dit
nag. Ek verlaat myself, my water breek, my knieë swik, my longe loop leeg,
my lippe parteer van mekaar.
Ek beskuie my weer sonder enema. 'n Kreet verlaat my binneste, ontsnap oor
my trillende lippe. Dis toe dié klanke wat Black Sabbath en Uriah Heep na
die Drakensbergse seunskoor laat klink. Dit was maar ook Spiderman se laaste
asem, want net daarna los hy als en kom skeef skeef grond toe, soos fisant
stront in vlug.
Al retererende het ek en Doom die veldslag gewen!

(484 words)
Back to latest
| 1 | Posted by CROW on 2009-03-26 10:57:20 |
| even better when done on stage, i cried from laughter!!! |
blog comments powered by Disqus
Related Media
Sponsors
Related Information
Share
2 Grins
0 Growls
So HOT right now ...
15 Creative Motorcycle Helmets viewed by 21 visitors
Beetles viewed by 16 visitors
No matter how far our exams are dumbed down, it seems it's not far enough for today's pupils. viewed by 12 visitors
The mystery of a woman ... viewed by 11 visitors
Harleys are gay compared to this viewed by 11 visitors
So you think YOUR job stinks? viewed by 10 visitors
My Living will viewed by 5 visitors
Harry Potter motivationals viewed by 4 visitors
Contribute
Got a funny picture, joke, link or anything amusing?
Get it posted on the site by mailing it to us
Contribute Here

We're listening ...
What others are doing ...
eric19 grins at Never trust a tatoo artist with no tatoos...
eric19 grins at Hair cut - african style
gordini grins at Do you want to open a beer? I have someone for you!!
andre6791 grins at Marriage - before and after ...
Ruan12345 grins at A very happy 60th birthday ...
May's Top Grinners
PG13L Motivational time again
May's Top Growlers
Dial Direct insurance South Africa
|
Woes Afrikaans gedigte kortverhale stories
Mabooki free publishing poems stories
Copyright © 2012 Email Jokes. All rights reserved.
2005 - 2012
NOTICE: All content is posted by users of this site and the owner does not accept any liability relating to the copyright thereof.
To have content removed or accredited with your link, please contact our content administrator