Sommer met die intrapslag hou ek niks van die
Ingelsman wat my kleindogter hier by ons kom
aansleep nie.  Vir weke al sien ons uit na haar
kuiertjie uit London en aan die begin kon ons
nie fout sien, dat sy nou haar Ingelse boyfriendjie
wou saamnooi op ‘n onvergeetlike toer saam
met Oupa en Ouma deur die Kruger Wildtuin
nie.  

Uiterlik nie ‘n onaangename seun nie, maar toe
die bleeksiel sy bek oopmaak en my met
“Hello Gramps” groet, is my moer klaar suur.  
Sulke voorbarige vermetelheid.  
Met die pap handjie waarmee hy bladskud,
skud ek hom amper uit sy oorbel en hy het
reeds een verloor.

Maar opgedress vir die okkasie hoor.  
Leerstewels wat amper tot by sy knieë kom,
sy khakibroek al die pad ingedruk.  Met sy dik
belt se gespe sal mens ‘n olifant met twee houe
kan doodslaan.  

Wat die man als gelees het oor Suid-Afrika
weet ek nie, maar aan die belt is ‘n waterbottel,  
‘n mes wat amper sy stewels raak,  ‘n moon-bag
met ‘n rooi kruis op en een van daai kanariegeel
selfone met die baie knoppies.  

Die man dra ‘n swart t-shirt wat sê rook is verbode
en iets van die aardbol wat warm word.  
Maar ek weet, die Wildtuin is nie speletjies
oor Desember nie.  Warm gaan die man beslis
warm kry en rook gaan ek beslis rook, al het
Kleinpop my agteraf gewaarsku dat die man
so bietjie opgewonde oor tabakgebruik kan raak.

Die man is goed in tale ook.  Al drie Afrikaanse
woorde by Kleinpop geleer.  ‘Dankie, kak en lekka.’  
Alles is kak of lekka.  Kleinpop is lekka.  Ons paaie is kak.  
Die son is kak.  Ouma se koeksisters is lekka.  
Vreeslik puntenerig oor kos ook, die mannetjie.  
Eet nie vleis nie, eet nie dit nie, eet nie dat nie, daai moet
eers gekook word voor hy sal drink ens, ens.
Ek kon dit nog vat toe die man iets van “kak SUV” sê
toe hy in die kombi klim, maar toe die man “kak music”
op my Klipwerf mompel, steek ek summier my pyp op.  
Sommer so in die ry, soos ek altyd maak.  

Kleinpop probeer nog verbouereerd keer, maar Oupa
leer die man nog bietjie Afrikaans:
“Fok jou, in my van rook ek, broer.”
Die man leer vinnig en maak sy eie Afrikaanse
kombinasies:
“Fok, this rook is lekka kak, dankie.”

Maar met ‘n man wat nie vleis eet nie, gaan dit maar
lekka kak in die wildtuin.  Teen dag drie is die man se
slaaiblare wat hy in Phalaborwa se Spar gekoop het
al heel vrot.  Sy dieet bestaan uit Ouma se padkos-
koekisters, Nik-Naks en braaivleispap sonder sous.  
Teen aand vier is hy honger genoeg om sy
vegetariese geloof te verloën.  Natuurlik nie openlik
nie. Vang ek vir Kleinpop uit, toe sy ongemerk ‘n
tjop of drie na die man se tentjie toe smokkel.

Dag vyf ruik ons al vroegoggend vegetariese maag-
reaksies op vleis.  Net mooi in die middel van nêrens
en op die dag se hitte kom klop die man op my
skouer hier voor in die kombi, so in die ry.
“I MUST go!” beduie die man na sy poephol - asof ek
nie lankal kon ruik wat hy wil doen nie.

Ek stop maar die kombi naby ‘n laagte boompies.  
Dit is in elkgeval so warm, geen dier sal dit in die
omgewing waag nie.
“There,” beduie ek hom na die boompies.
“No ways!” protesteer die mannetjie toe.
Ek beduie vir die mannetjie in my beste Engels
dat daar “no ways” is dat hy verder my kombi se
binnelug met sy buikwinde gaan ontsier.  
As hy nie nou sy ding gaan doen nie, gaan hy verder stap.
“Gee vir die man kakpapier,” beveel ek vir Kleinpop.
Die man weet nou al genoeg van Afrikaans om te smeek
“No, I want nice paper please!”

Soos iemand wat oor duwweltjies stap, benader die
Ingelsman sy natuurtoilet.  Na ‘n rukkie verdwyn hy
agter die boompies.  Ons kyk maar almal versigtig in
die omgewing om die man darem betyds te waarsku,
sou daar dalk ongediertes nader sluip.
Nou een ding van die Wildtuin.  As een kar stop, stop
almal agter hom om te kyk watse diere kyk die voorste
kar.  Veral so op die middaghitte as daar min is om te
sien.  Die Ingelsman het skaars gehurk, voor die Land
Rover agter ons stop.  Die gesinnetjie bespied die
rigting wat ons kyk.  Hulle wil ook sien wat ons sien.  
Verkykers word uitgehaal.  Nog voertuie stop.  
Een ou klim uit met ‘n groot kamera op ‘n driepoot.  
Nog karre stop.  Na vyf minute lyk dit soos die
Dakar Rally wat wil afskop.  
Groepies brawes staan teen die reëls orals buite hul
karre en kyk met lang lense.  Party klim bo-op hul
voertuie se dakke vir ‘n beter uitsig.  
Wild was besonders skaars hierdie jaar.
Nou of daar werklik een was, weet ek nie, miskien
was dit ‘n oorywerige verbeelding in ‘n desperate
soeke na diere.  Maar toe die ou so ses karre van
ons af skree “Leeu, ek sien hom!” weet ek die Ingels-
man verstaan meer Afrikaans as wat ons gedink het.  
Met al die mense wat so staan en kyk na die veld
agter hom, kry die kreet nog eerbaarheid ook.

Soos ‘n lus foksterriër wat hitte geruik het, peul die
man uit sy bostoilet uit en hardloop vir die kombi.  
Die broek om die enkels laat die man so paar keer
pens en pootjies neerslaan, maar sy herstel is elke
keer merkwaardig.  Sy roete na die eindpaal is een
stofbol soos die man beweeg.  

By die kombi aangekom is die man se broek darem
min of meer heuphoogte, maar in die veld lê ‘n lang
mes en ‘n kanariegeel selfoon.  
Die Ingelsman soek dit klaarblyklik nie terug nie.  
Die konvooi karre agter ons, ry stadig verby, terwyl
die Ingelsman sy broek en asem op die regte plekke
kry.  

Te oordeel aan die hoeters en gesigte het die mense
waarde vir geld in die wildtuin gekry.

Na die vakansie is Kleinpop heel uit haar Ingelsman
uit.  Dié het sommer vroeg ‘n vlug London toe gevat.  
Sy wil hom nie weer sien nie.  Miskien was dit die
nagedagte aan die ongebruikte toiletpapier.  

Miskien was dit die klein, bleek, swaaiende voorgedagte……
 


(1050 words)

Back to latest

Sponsored

Comments

1Posted by redhonda on 2010-01-23 17:54:51
Hie, hie ...

blog comments powered by Disqus


Next in line


Sponsored


Related Media



Sponsors

Related Information
PG13L
Submitted: 2 years ago
Contributed: Heksie
Tags: pg13l   ingelsman   heksie   afrikaans  
Viewers: 1
Problem? Report it

Share


0 Grins
0 Growls



View this post on your mobile







Random Media

Contribute
Got a funny picture, joke, link or anything amusing?

Get it posted on the site by mailing it to us

Contribute Here


We're listening ...

Would you like to go to the TopGear Festival ?



Vote
Getting poll results. Please wait...





Subscribe

Find us on Facebook
Subscribe to Email Jokes PG13 Feed

Subscribe to the Email Jokes PG13 RSS Feed


Dial Direct insurance South Africa | Woes Afrikaans gedigte kortverhale stories
Mabooki free publishing poems stories

Copyright © 2012 Email Jokes. All rights reserved.
2005 - 2012

NOTICE: All content is posted by users of this site and the owner does not accept any liability relating to the copyright thereof.
To have content removed or accredited with your link, please contact our content administrator