'n Man met 'n houtbeen en 'n bles kry 'n uitnodiging na 'n "fancy dress"
partytjie. Hy het egter nog nooit met so iets te doen gehad nie en skryf
Toe 'n  brief aan 'n maatskappy wat hulleself uitleen om jou te help met
Sulke tipe probleme. Hy verduidelik mooi wat sy voorkoms en gebreke is.
 
'n Week of wat later kry hy 'n pakkie van die maatskappy af. In die
pakkie is 'n sakdoek, seerowerpak en 'n nota. Die nota lees as volg:
 
"Neem die sakdoek, bind dit om jou kop en trek die seerowerpak aan. Die
drag en houtbeen sal jou mooi laat inpas by 'n seerower-tema." Hoogs
ontsteld en uiters beledig stuur die man vir die maatskappy 'n brief en
vertel hulle in baie ferm taal hoe beledig hy voel oor die voorstel. Hy
is dan nou juis so sensitief oor sy gebrek van die houtbeen. Nog 'n week
later daag daar weer 'n pakkie op met 'n monnikspak en nota. Die nota
lees: "Trek die monnikspak aan wat u houtbeen dan mooi sal verdoesel.
 
Die monnikshoed en gewaad sal dan mooi saam met u bles inpas by 'n
kloostertema." Nou is die man eers kwaad.
 
Weer skryf hy vir hulle en stel dit baie duidelik dat sy bles nie iets
is om mee te spot nie. Die volgende week kry hy weereens 'n pakkie van
die maatskappy af met'n nota  en 'n blik karamelstroop daarby. Die nota
lees:
 
"Neem die blik karamelstroop en keer die volle inhoud daarvan oor u bles
uit.. Neem dan u houtbeen, druk hom in u gat op en gaan na die
geleentheid as 'n toffie-appel!"
 
 


(274 words)

Back to latest

Sponsored

Comments


blog comments powered by Disqus


Next in line


Sponsored


Related Media



Sponsors

Related Information
PG13L
Submitted: 4 years ago
Contributed: Eddie
Tags: pg13l   houtbeen   fancy   dress   afrikaans  
Viewers: 1
Problem? Report it

Share


0 Grins
0 Growls



View this post on your mobile







Random Media

Contribute
Got a funny picture, joke, link or anything amusing?

Get it posted on the site by mailing it to us

Contribute Here


We're listening ...

Would you like to go to the TopGear Festival ?



Vote
Getting poll results. Please wait...





Subscribe

Find us on Facebook
Subscribe to Email Jokes PG13 Feed

Subscribe to the Email Jokes PG13 RSS Feed


Dial Direct insurance South Africa | Woes Afrikaans gedigte kortverhale stories
Mabooki free publishing poems stories

Copyright © 2012 Email Jokes. All rights reserved.
2005 - 2012

NOTICE: All content is posted by users of this site and the owner does not accept any liability relating to the copyright thereof.
To have content removed or accredited with your link, please contact our content administrator