Scenario: Piet en Jan raak betrokke in 'n fight by die skool

TOE 'n Groot groep seuns vorm rondom die twee, hulle slaan die kak uit
mekaar uit, skud hande en die volgende dag is hulle dik pels.

NOU Polisie word ontbied en arressteer vir Jan en Piet. Alle selfone met
videos van die fight word gekonfiskeer as bewysstukke. Albei word aangekla
vir aanranding. Altwee word geskors al het Piet die kak begin. Die ouers
word ingeroep vir konsultasie en die ander kindes wat die fight gesien het
kry trauma berading. Die video van die fight is beskikbaar op YouTube.



Scenario: Piet onstig die klas want hy wil nie stilsit en stilbly nie

TOE Piet se gat word vuurwarm geslaan. Hy sit nog steeds nie stil nie want
sy gat brand te veel, maar hy hou darem sy bek en maak matriek klaar en word
'n suksesvolle besigheidsman.

NOU Piet word op Ritalin gesit want hy het een of ander hiperaktiewe
neiging. Word 'n zombie. Word getoets vir ADD (Attention Deficit Disorder).
Die juffrou sukkel haar gat af. Piet kan nie bybly nie en verlaat skool na
Standerd 6.



Scenario: Jan gooi 'n klip en breek 'n ruit van die buurman se huis.

TOE: Jan se gat brand. Hy moet vir 'n week lank in die buurman se tuin werk.


NOU: Jan se gat brand. Sy pa word gearresteer vir kindermishandeling. Jan
word in pleegsorg geplaas. Die sielkundige oortuig Jan se suster dat haar pa
haar seksueel aangerand het en hul pa gaan tronk toe. Jan se ma en pa skei
want sy het 'n verhouding met die Sielkundige.



Scenario: Piet druip Engels op Hoërskool.

TOE Piet se gat brand. Hy moet Engels ekstra klasse loop. Hy slaag Engels
goed in matriek en gaan Universiteit toe.

NOU Die Onderwyser kry die skuld. Piet is getraumatiseer. Sy saak word
opgevat deur 'n plaaslike menseregte groep wat bepaal dat dit rassisties is
om Engels 'n vereiste vak te maak. Dit raak 'n politieke storie en 'n saak
word aanhandig gemaak teen die skool en die Onderwysdepartement. Engels word
van die cirriculum afgehaal. Piet slaag matriek goed, maar sny gras vir 'n
lewe want hy kan fokkol Engels praat.




Scenario Jan vat 'n klomp klappers, maak 'n bom daarmee en blaas 'n
miershoop op.

TOE Jan se gat brand. Die miershoop is in sy moer. Duisende miere dood.

NOU Die Veiligheidspolisie en Dierebeskermingsgroepe word ingeroep en Jan
word aangekla van stedelike terrorisme en dieremishandeling. Sy ouers word
dopgehou. Jonger broers en susters word van die huis af weggevat. Hulle
rekenaars word gekonfiskeer en Jan se pa word op 'n lys van terroriste
geplaas en hy kan nie verder werk kry nie. Die familie krepeer.




Scenario Piet val sy knie in nerwe gedurende pouse. Sy juffrou vee sy trane
af, maak die knie skoon en gee hom 'n drukkie.

TOE Piet voel gou beter en tweede pouse hol hy al weer rond.

NOU Piet se Juffrou word beskuldig dat sy 'n pedofiel is en verloor haar
werk. Sy kry 'n opgeskorte vonnis. Piet ondergaan terapie vir die volgende
vyf jaar. Raak 'n moffie.


(519 words)

Back to latest

Sponsored



Comments

1Posted by BriDee on 2008-01-31 18:19:51
tytui oiuoioi didoak disomncoso...Don't understand? Well I don't understand he joke!
2Posted by Tamsie on 2008-02-01 07:52:08
Maybe if you read the title, you'd realise this is an Afrikaans joke....
3Posted by zero on 2008-02-01 08:41:27
English version of this joke was posted here:

http://www.emailjokes.co.za/more/41918_School_1960_vs_School_2007.htm

blog comments powered by Disqus


Next in line


Sponsored




Related Media



Sponsors

Related Information
Submitted: 4 years ago
Contributed: Eddie
Tags: toe   skool   afrikaans  
Viewers: 1
Problem? Report it

Share


0 Grins
0 Growls



View this post on your mobile







Random Media

Contribute
Got a funny picture, joke, link or anything amusing?

Get it posted on the site by mailing it to us

Contribute Here


We're listening ...

Would you like to go to the TopGear Festival ?



Vote
Getting poll results. Please wait...





Subscribe

Find us on Facebook
Subscribe to Email Jokes PG13 Feed

Subscribe to the Email Jokes PG13 RSS Feed


Dial Direct insurance South Africa | Woes Afrikaans gedigte kortverhale stories
Mabooki free publishing poems stories

Copyright © 2012 Email Jokes. All rights reserved.
2005 - 2012

NOTICE: All content is posted by users of this site and the owner does not accept any liability relating to the copyright thereof.
To have content removed or accredited with your link, please contact our content administrator