Kyk mense, partykeer kry ek Engelse e-pos boodskappe wat my laat lag dat ek
later maagpyn het. Een van die e-pos boodskappe het my geïnspireer om my eie
weergawe te skryf, so here goes. Hoop julle geniet dit.

'Hot Wax is not your friend'

Hoekom is dit dat ons skoner geslag altyd val vir leë beloftes? Veral wat
die verwyder van ongewenste liggaamshare aanbetref? Het ons nie al ons les
geleer met die Epilady, Nair en allerhande stickers en skeermesse nie? En
elke keer glo ons die beloftes dat die hare óf stadiger óf nooit weer gaan
terug groei nie.

My aand was doodgewoon. By die huis gekom, kos gemaak, kinders gebad en in
die bed gesit en manlief voor die TV gelos om sy stoei in vrede te kyk.
Besluit toe dat ek die oorlog teen ongewenste hare nou moet aanpak anders
lyk ek soos 'n bosbobejaan en kan ek nie die naweek swem nie.

Gryp toe die boks 'koue waks' en pluk hom oop. Hoe moeilik kan dit nou wees?
Geen waks wat eers gesmelt moet word nie, dis twee strokies met waks in die
middel - amper soos 'n toebroodjie, wat jy dan warm vryf, oop trek en teen
jou liggaam plak. Daarna trek jy strokie vinnig af (en skree natuurlik soos
'n vlakvark) 'no mess, no fuss'. Ek glo ek verstaan die instruksies en dit
is mos darem deur 'n vrou uitgevind en baaaiiiieee ander vrouens gebruik dit
op 'n daaglikse basis, so ek sal dit sommer tjop tjop onder die knie kry.

Ek vryf die strokie tussen my hande, maar kan die ding nie warm genoeg kry
nie. Hoe nou gemaak? Kan hom nie in die toaster sit nie, dit sal net
marakkas maak en die haartang gaan nie lekker werk nie. Natuurlik! Die
haardroër! Blaas toe die waks tot ek voel hoe dit sag en speelbaar raak.
Dink toe sommer aan ander dinge wat ook sag en speelbaar is... Raait, daar
is my cold wax toe hot wax. Ek trek die een strokie af, plak die slymerige
storie op my been, knyp die een oog toe, byt op my tande en tjjjjj trek hom
af. Kon erger gewees het. Ek is trots op myself dat ek so oulik is en sien
sommer hoe glad my bene en die res die naweek gaan wees. Manlief is juis so
liefdevol as ek mooi glad is. Ek het die prosedure nou mooi onder die knie
en vorder fluks.

Nou kom die moeilike deel. Soos ons ouer word kry ons mos pakkasie. Ja man,
dis nou die spaarwiel om die heupe en maag, die paksak op die boude en die
res wat dril soos rofies in die army, jy verstaan? Maak toe die spiëel staan
op die toilet, staan in my Eva's gewaad voor die spiëel en lig my voet teen
die bad sodat ek mooi kan sien en mooi kan bykom. Plak die strokie van
Paragwaai al die pad tot by Holland, al op die bikini lyn (nie dat ek ooit
dood in 'n bikini gesien sal word nie). Ek het besef dat hierdie deel van
die operasie seer gaan wees en het die waks nie so warm gemaak soos die
ander nie. Ek wil tog nie in die hospitaal beland met 3de graadse brandwonde
aan my hoo-ha nie! Wat sal die mense sê en hoe kyk ek die dominee daarna in
die oë. Ek staal myself, vat die strokie styf vas en ruk.

Ek sien sterretjies en wonder of ek moet lag of huil. Hel, maar dis seer!
Kyk af en ja, sowaar, ek het die strokie net halfpad afgetrek. Daar sit die
res dan nog. Hou aan die wasbak vas en PLUK!!!! Ek doen die hoender dans,
die nou dieselfde arm geflap wat ons doen as ons onder die arms geskeer het
en ons spuit per abuis Mum 21 aan. Rooi in die gesig en met my asem wat jaag
bestudeer ek die waks strokie om te sien of ek darem al die hare gekry het.
Groot is my skok. Die strokie is LEEG! Geen hare, geen waks! Nou waar de hel
is die waks! Ek buig vorentoe en lyk soos 'n volstruis wat sy kop in die
sand wil steek, loer oor die spaarwiel en wraggies, daar sit die hare
steeds, dis nou die hare wat veronderstel is om op die waks strokie te sit.
Ek voel versigtig daaaaaaar onder en sug swaar, want daar, op my mees
privaatste plekkie, waar ek nie mooi kan bykom nie, daar sit die waks.
Sonder om te dink haal ek my voet van die bad se kant af en stamp hom hard
op die vloer terwyl ek vloek soos 'n matroos. Ek sluk halfpad deur my rympie
amper my tong in toe my hoo-ha en wangetjies mekaar omhels. Jip, daar staan
ek toe, toegeplak van Paragwaai al die pad tot in Holland en my hart klop in
my groottone. Hoe nou gemaak? Ek loop soos 'n Pikkewyn op en af voor die
wasbak terwyl my maag draai en ek hard bid dat my maag nie nou 'n illegal
occupant moet evict nie, want ander sal die kompressie waarlik my kop laat
bars. Dink Tess, dink! Ek kry 'n blink plan, gryp die haardroër en begin
blaas. My oë traan van die blow wave, maar heel laas, die waks wil niks weet
van smelt nie. Miskien moes ek langer uitgehou het, maar 'n mens kan ook net
soveel warm wind DAAR hanteer. Ok, wat volgende? Miskien warm water? Ek
probeer eers warm water met die stort kop (waarmee jy jou hare in die bad
was) op die waks spuit, maar dit werk nie lekker nie. Tap toe maar die bad
vol warm water en kry myself baie jammer omdat nie eers die gevangenis op
Robin Eiland so gemartel is nie.

Wel, die enigste ding erger as jou privates wat mekaar omhels, is jou
privates wat vas aan mekaar geplak is en dan nog aan die bodem van die bad
vassit terwyl jy so rooi soos 'n kreef verkleur en jou brein vir jou bly
skree 'STAAN OP, IDIOOT, STAAN OP, EK IS BESIG OM TE KOOK'. Ek leer toe op
die harde manier dat warm water nie 'koue waks' smelt nie. Back to square 1.
Ek loer om die badkamer deur (wil nie hê manlief moet my so sien nie) en
waggel dan kamer toe waar ek my selfoon gryp en terug badkamer toe waggel.

Raait, wie bel ek nou? My ma het in haar lewe nog nooit eers van waks gehoor
nie. Die dra dan steeds doekies, al is tampons al jare op die mark. Anyway,
wie? My skoonma! Natuurlik! Sy doen mos altyd hierdie weird en wonderful
goed en ken al die boererate onder die son. Skoonpa antwoord en ek praat hom
sommer dood. Ja, skoonma is daar en dan hoor ek haar stem. Ek wil sommer
huil van blydskap. Sy sal kan help. Ek hakkel so effe, maar vertel haar van
my dilema. Stilte..... steeds stilte. Ek begin net wonder of my foon sein
verloor het toe ek haar hoor lag. Sy lag so dat sy nie met my kan praat nie.
Eers lag ek saam, dan raak ek vies. Sy hou op lag, maar ek kan aan haar stem
hoor dat sy nog nie klaar is nie. Wat sê die boks? wil sy weet. Wat sê die
boks? Seker nie dat jy dom genoeg moet wees om jouself weer in 'n virgin te
verander nie. Skoon ontstoke gryp ek die boks terwyl skoonma weer aan die
ander kant proes. Skoonma ek soen jou sommer. Daar, binne die boks is 'n
botteltjie seep om die 'ekstra waks' mee te verwyder. Ek wil sommer my eie
gaai skop dat ek nie eerste in die boks gekyk het voordat ek skoonma gebel
het nie, want nou gaan die hele familie weer die storie van Tess se
toegeplakte hoo-ha hoor en sal ek seker nooit die einde daarvan hoor nie .
Ek druk die foon dood met haar gelag in my ore, gryp die bottel en smeer
liberaal van die 'seep' aan. My oë traan, my neus loop, my ore is toegeslaan
en my hoo-ha is dood, letterlik, geen gevoel nie, maar DIT WERK!!!

Ek laat nie op my wag nie en skrop asof my lewe daarvan afhang. Mind you, my
lewe hang daarvan af. My bene voel soos jellie, my hart klop asof ek sopas
'n maraton gehardloop het. Klaar, maar agge nee, die hare is steeds
daar..... Flippen hel!!! Dis nou genoeg. Bogger dit. Ek gryp die skeermes en
skeer dat jy net hare sien waai. Hoop nie ek skeer myself raak nie, want op
hierdie stadium is my hoo-ha en omliggende dele so dood dat ek my eie been
sal afsny sonder om dit te voel.

Wel, mense, nooit weer probeer ek waks nie en ek beveel julle sterk aan om
behoorlik daaroor te besin voor julle begin.

Nou wonder ek, sal ek volgende week probeer om sonstrepies in my hare te
sit? I THINK NOT!
 


(1513 words)

Back to latest

Sponsored

Comments


blog comments powered by Disqus


Next in line


Sponsored


Related Media



Sponsors

Related Information
PG13
Submitted: 2 years ago
Contributed: SS
Tags: wax   pg13   friend   afrikaans  
Viewers: 1
Problem? Report it

Share


1 Grins
0 Growls



View this post on your mobile




So HOT right now ...
Virgin viewed by 10 visitors
Believe it or not!!!!! viewed by 9 visitors
Latest Green Point Stadium pics viewed by 4 visitors
Calibre is everything!! viewed by 4 visitors
Etiket deur Nataniel viewed by 4 visitors



Random Media

Contribute
Got a funny picture, joke, link or anything amusing?

Get it posted on the site by mailing it to us

Contribute Here


We're listening ...

Would you like to go to the TopGear Festival ?



Vote
Getting poll results. Please wait...





Subscribe

Find us on Facebook
Subscribe to Email Jokes PG13 Feed

Subscribe to the Email Jokes PG13 RSS Feed


Dial Direct insurance South Africa | Woes Afrikaans gedigte kortverhale stories
Mabooki free publishing poems stories

Copyright © 2012 Email Jokes. All rights reserved.
2005 - 2012

NOTICE: All content is posted by users of this site and the owner does not accept any liability relating to the copyright thereof.
To have content removed or accredited with your link, please contact our content administrator